Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies behaal voortreflike oorwinnings teen Ferdies op die krieketveld

Gimmies se Superliga A-spanne het die afgelope naweek ‘n welverdiende ruskans gehad. Die B-spanne het egter teen Ferdies gespeel. Die tweedes het eerste gekolf op die Gimmie Oval en ‘n skaflike 313 lopies aangeteken met Landré Halgryn wat 139 lopies aangeteken het. Adriaan Röntgen het self ‘n stewige 70 lopies bygedra. Ferdies se eerstes is …

Gimmies se Superliga A-spanne het die afgelope naweek ‘n welverdiende ruskans gehad. Die B-spanne het egter teen Ferdies gespeel. Die tweedes het eerste gekolf op die Gimmie Oval en ‘n skaflike 313 lopies aangeteken met Landré Halgryn wat 139 lopies aangeteken het.

Adriaan Röntgen het self ‘n stewige 70 lopies bygedra. Ferdies se eerstes is beperk tot 278 lopies. Gimmies wen dus met 35 lopies. Henrico Zerwick het 4 paaltjies en Landré Halgryn 3 paaltjies elk geneem. Die o.15B’s het vir Ferdies se o.15A-span met 7 paaltjies op Ferdinand Postma se velde verslaan.

Hier is foto’s van Ferdies en Gimmies se o.15 wedstryd wat verlede Saterdag by Ferdies se krieketvelde plaasgevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button