NewsNews

NWU se sonkar maak amok!

Na slegs twee dae in die Sasol Solar Challenge, kon die Noordwes-Universiteit se sonkarspan weer daarin slaag om 'n rekord te verbeter.

Na slegs twee dae in die Sasol Solar Challenge, kon die Noordwes-Universiteit se sonkarspan weer daarin slaag om ‘n rekord te verbeter. Hulle het gister die eerste span van die Afrika kontinent geword om 611km op ‘n dag te reis – en dit slegs deur die son aangedryf.

Dit volg nadat die sonkar Donderdag tydens ‘n tydtoets deur ‘n fratswind omgegooi is en aansienlike skade aan die kar aangerig het. Studente en personeel het meer as 40 ure aanhoudend gewerk om die sonkar gereed te kry vir Vrydag se wegspring.

Hulle het Saterdag in die 8ste plek weggespring, maar stadig maar seker is hulle besig om die groot kanonne te bekruip. Hulle is tans in die 4de plek.

As alles volgens plan verloop, sal hulle die Gariep-dam teen die einde van die dag bereik.

Sien die jongste video van die NWU se Sonkarspan

Volg die reis op hul Facebook-blad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button