NewsNews

Damme vol weens goeie beplanning

Hoewel daar landwyd kommer bestaan oor damme wat leeg raak en die droogte wat voortduur, het Potchefstroom tans nie baie om oor bekommerd te wees nie.

Hoewel daar landwyd kommer bestaan oor damme wat leeg raak en die droogte wat voortduur, het Potchefstroom tans nie baie om oor bekommerd te wees nie.
Volgens ‘n woordvoerder van die Departement van Waterwese is ons in ‘n baie bevoorregte posisie om steeds volop water in al ons damme te hê.
‘n Leser het onlangs aan die Herald gevra hoe dit moontlik is dat ons damme so vol bly, aangesien ons nog geen reën gehad het nie en dit baie droog is. “Waar kom die water vandaan?” het hy gevra.
Volgens Waterwese se woordvoerder is die damme rondom Potchefstroom in geen gevaar om leeg te loop nie, omdat die ingenieurs wat in die jare 1967 en 1968 verantwoordelik was vir die beplanning van die damme en kanale, hul beplanning baie goed gedoen het.
“Dit was ongelooflike goeie beplanning in daardie tyd en hulle het die bron optimaal benut. Die hele waterstelsel in en om Potchefstroom is oorspronklik as ‘n herwinningskema ontwerp. Daar is nie water wat verlore gaan nie. Dit beland op een of ander manier weer in die rivier,” sê hy.
Daar is twee groot ondergrondse bronne wat ons damme voed. Dit verhoed dat dit leeg loop, selfs tydens die ergste droogtes. Klerkskraal dam word gevoed deur die Bovenste Oog en ses ander fonteine en Boskopdam word gevoed deur die Gerhard Minnebron. Boonop word daar nog water daagliks vanuit myne gepomp wat ook in die rivier vloei.
Die damme en die watergebruik van Potchefstroom werk rofweg uit op sowat 57 miljoen kubieke meter per jaar. Die Gerhard Minnebron lewer sowat 64 miljoen kubieke meter per jaar. Dié lewering en verbruik balanseer byna, wat beteken dat met goeie beplanning daar nie probleme behoort te wees nie.
Hy het bevestig dat minder water gebruik word nadat waterbeperkings vroeg vanjaar ingestel is. Waar die stad ‘n gemiddeld van sowat 2 miljoen liter per jaar gebruik het, is die verbruik nou slegs ‘n gemiddeld van 1.2 miljoen liter. Hy vra dat die gemeenskap steeds water spaarsamig gebruik en probeer om meer gebruik te maak van gryswater vir natmaak doeleindes. Hy lê klem daarop dat die Bovenste Oog, wat die Klerkskraal-dam voed, wel onder geweldige druk is.
Al het Potchefstroom tans nie probleme nie, word daar voorsiening gemaak vir 250 liter water per persoon per dag. Sommige mense gebruik egter tot twee keer soveel.

Soortgelyke stories

Genoeg water vir Potchefstroom tot volgende reënseisoen

Water levels are critically low due to heat wave

Nog water gaan verlore te midde van waterbeperkings

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button