NewsNews

Twee Puk studente vas oor dagga

Twee Puk studente vas oor dagga

Twee studente is op 26 September in hegtenis geneem op aanklag van die besit van onwettige dwelms.
Dit nadat nege gram dagga en dagga-olie in hul besit gekry is.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die polisie ’n operasie op die kampus uitgevoer. Hulle het omstreeks 06:00 met ’n lasbrief by die koshuis opgedaag, waarna hulle die kamer deursoek het.

Sjarko Denysschen. Foto: Facebook
Sjarko Denysschen. Foto: Facebook

“Die polisie het nege gram dagga en dagga-olie in die studente se besit gevind,” het Manyoba gesê.
Armagh Cook en Sjarko Denysschen is albei in hegtenis geneem. Albei studente van die Patria manskoshuis is op R500 polisieborg vrygelaat en moet weer op 12 Oktober in die hof verskyn.
Twee Nigeriërs is ook Maandag in hegtenis geneem op aanklag van die besit van onwettige dwelms. Desmond Favour Obiajunwa is omstreeks 12:00 in hegtenis geneem nadat die polisie hom in Mareestraat voorgekeer het. Nadat hulle sy voertuig deursoek het, het hulle vermoedelik tik gevind wat hy binne sy selfoon weggesteek het.
Nog ’n Nigeriër, Ezeh Desmond Chukuwebuka, is in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat hy met dwelms na ‘n huis in Mareestraat op pad was.
“Toe hy by die huis aankom het die polisie hom voorgekeer en deursoek. Daar is vermoedelik kokaïne in sy besit gevind,” sê Manyoba.
Die sowat 37 pakkies kokaïne is binne die stoffering van die voertuig gevind. Chukuwebuka het glo ook vorige sake van die besit van onwettige dwelms wat teen hom ondersoek word en wat nog hangend is. Albei bly in aanhouding en sal op 4 Oktober weer in die landdroshof verskyn om aansoek om borgtog te doen.

 

 

 

Soortgelyke stories

PUK dosent vas oor dwelms

VIDEO: Polisie vind dwelms in stoel

Op patrollie in Potchefstroom: Dwelms bly steeds die grootste probleem

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button