NewsNews

Sekuriteitsmaatskappy reik uit na gesin in Promosa

Cectronics Security Systems (CSS) het Dinsdag ‘n verskil gemaak in die lewens van ‘n gesin in Promosa wie se huis onlangs afgebrand het.

Cectronics Security Systems (CSS) het Dinsdag ‘n verskil gemaak in die lewens van ‘n gesin in Promosa wie se huis onlangs afgebrand het.
Die Herald het onlangs in Midweek Herald berig oor ‘n woning wat afgebrand het toe die gesin se koolstoof vlamgevat het. Die gesin, Vusi Shozi, sy vrou Bongiwe, hul dogter Amanda Xhi en haar twee kinders het alles wat hulle besit het, in die brand verloor. Hulle word boonop nou gedagvaar vir R4 500 omdat ‘n ander gesin wat ook daar gewoon het, hul besittings in dieselfde brand verloor het.
Deo Kotze van CSS het dadelik toe sy die berig gelees het, besluit dat dit ‘n projek is wat hulle moet aanpak. Hulle het goedere ingesamel en Dinsdag kon hulle swartsakke vol komberse, klere, toiletware en droë kos aan die gesin oorhandig.
“Ek het myself in daardie mense se skoene geplaas en besef hoe dit moet voel om alles te verloor,” sê Deo. Die gesin woon tans by vriende en gaan nog baie hulp benodig om hul lewens weer te herbou. CSS hoop dat hulle skenking die res van die gemeenskap sal aanmoedig om ook uit te reik na die gesin.

Van links is gesinsvriend Barataung Oganne, die pa Vusi Shozi, sy dogter Amanda Xhi, Deo Kotze, Andries Matthysen en Pierre Jean Fourie van CSS.
Van links is gesinsvriend Barataung Oganne, die pa Vusi Shozi, sy dogter Amanda Xhi, Deo Kotze, Andries Matthysen en Pierre Jean Fourie van CSS.

“Hier gaan dit nie oor geld of besigheid nie, dit gaan daaroor om ‘n verskil te probeer maak in iemand anders se lewe. Ons moet saamstaan as ‘n gemeenskap en hierdie mense probeer help,” sê sy. Hoewel CSS se skenking ‘n groot verskil maak, het die gesin steeds hulp nodig.
Vir enige skenkings en donasies kan die Herald by (018) 293 0750 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button