CommunityNews

Springbokke as helde vereer

Ter viering van SA rugby se 125-jarige bestaan, het Lize-Nari Schoeman saam met ander kunstenaars ’n plakkaat saamgestel waarop al die 875 Springbokke sedert 1891 tot Augustus vanjaar, verskyn.

Ter viering van SA rugby se 125-jarige bestaan, het Lize-Nari Schoeman saam met ander kunstenaars ’n plakkaat saamgestel waarop al die 875 Springbokke sedert 1891 tot Augustus vanjaar, verskyn.
So ‘n samestelling is nog nooit voorheen gedoen nie. Elke Springbok word ’n nommer toegeken soos wat hy gekies word vir die span. Dié plakkaat is ’n spreekwoordelike spanfoto van die eerste bok, Ben Duff, wat deel was van die eerste span wat Suid-Afrika verteenwoordig het in 1891, tot by Bongi Mbonambi wat nommer 875 is.

Springbok legende prof. Hannes Marais en Lize-Nari Schoeman by die plakkaat
Springbok legende prof. Hannes Marais en Lize-Nari Schoeman by die plakkaat

Schoeman gaan die A1 plakkaat by Aardklop uitstal. Die eerste tien Herald lesers wat hierdie berig na hulle stalletjie neem, sal een van die plakkate gratis ontvang. Die plakkaat sal ook teen R395 by die stalletjie te koop wees.
“Ons wil hê dat die plakkaat in elke rugbyondersteuner se huis of kantoor sal hang en wanneer hulle daarna kyk, hulle die storie daarvan sal onthou en dit sal oordra aan elkeen wat dit sien. Dat ons elkeen sal onthou dat ons stories en ons bestemmings op een of ander wyse, ook in hierdie 875 helde van ons, se stories ingeweef en verweef is,” het Schoeman gesê. Schoeman het meer as 150 onderhoude met Springbokke en familie gevoer. Tydens hierdie onderhoude het sy besef dat ons Springbokke almal helde is.
“Hier dink ek aan die Springbok wat vaderloos die wêreld ingekom het en sy moeder op negejarige ouderdom moes afstaan weens ‘n siektetoestand. Sy is in ‘n inrigting opgeneem en eers 15 jaar later huis toe gestuur. Hy en sy broer was afhanklik van die goedheid van ander mense vir hul daaglikse versorging. Wat was sy resep tot sukses? “Ek het by elke huis waar ek ontvang is, iets geleer wat ek met my kon saamdra,” vertel Schoeman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button