Drake reg vir Afrika T20 Beker halfeindstryd
Hierdie Vrydag, 30 September is dit maak of breek vir Monty Jacobs se Noordwes Drake in die Afrika T20 Beker. ’n Wen vat hulle een stap nader aan die eindstryd wat op Saterdag, 1 Oktober sal plaasvind. Na die Noordwes Drake se goeie vertoning in die Afrika T20 Beker waar hulle Poel A met gemak …
Hierdie Vrydag, 30 September is dit maak of breek vir Monty Jacobs se Noordwes Drake in die Afrika T20 Beker.
’n Wen vat hulle een stap nader aan die eindstryd wat op Saterdag, 1 Oktober sal plaasvind. Na die Noordwes Drake se goeie vertoning in die Afrika T20 Beker waar hulle Poel A met gemak gewen het, speel hulle Vrydag in Oudtshoorn teen NoordKaap in die een halfeindstryd van die reeks.
Die spanne in die ander halfeind is Zimbabwe en Oostelike Provinsie.
* Die KSA Driedagreeks begin later in Oktober. Vanaf 6 Oktober sal die Drake op Senwespark in Potchefstroom in aksie wees teen KZN. Vanaf 13 -16 Oktober is die Bizhub Highveld Lions op die veld in die Sunfoil 4-dag reeks en wel teen die Dolphins. Oktober word afgesluit met die immergewilde stadion-gholf. Oktober begin met ‘n wedstryd tussen Nieu-Seeland se vrouespan teen ‘n SA opkomende vrouespan op 4 Oktober. Sinalo Japhta, Anneke Bosch en Elriessa Theunissen is die Noordwesspelers wat SA sal verteenwoordig. Noordwes se Francois van der Merwe is die afrigter van die SA opkomende vrouespan.




