Man vas na diefstal tydens Aardklop
Die polisie het Vrydag omstreeks 11:00 ’n man in hegtenis geneem op aanklag van besit van vermoedelike gesteelde goedere. Volgens ao. Mpho Manyoba het die polisie die verdagte man in Piet Bosmanstraat gesien stap. Hy is voorgekeer en deursoek waarna verskeie elektroniese toestelle, boeke en biltong in die sak gevind is. Die verdagte kon verduidelik …

Die polisie het Vrydag omstreeks 11:00 ’n man in hegtenis geneem op aanklag van besit van vermoedelike gesteelde goedere.
Volgens ao. Mpho Manyoba het die polisie die verdagte man in Piet Bosmanstraat gesien stap. Hy is voorgekeer en deursoek waarna verskeie elektroniese toestelle, boeke en biltong in die sak gevind is.
Die verdagte kon verduidelik waar hy al die goedere gekry het nie en is in hegtenis geneem. Die volgende dag het mense ’n klag van diefstal by die polisiestasie kom aanmeld.
“Nadat beamptes gehoor het wat gesteel is is die goedere ter waarde van R7 000 aan die mense terug besorg,” het Manyoba gesê.
Volgens haar was die polisiëring van Aardklop ’n groot sukses.
“Hoewel daar baie mense was is daar baie min voorvalle gerapporteer,” het sy gesê.



