SportSport

Potch manne vlieg weer voor in WPU!

Met die duiweseisoen agter die blad, is dit lekker om introspeksie te hou en tekan sien dat die Potch manne die krag is in die provinsie wat duiwesport betref. In feitlik elke afdeling het die plaaslike manne van Potchefstroom Posduifklub en Mooirivier Resiesduifklub koning “gekoer” in die Westelike Posduifunie! Die man wat egter op almal …

Met die duiweseisoen agter die blad, is dit lekker om introspeksie te hou en tekan sien dat die Potch manne die krag is in die provinsie wat duiwesport betref.

In feitlik elke afdeling het die plaaslike manne van Potchefstroom Posduifklub en Mooirivier Resiesduifklub koning “gekoer” in die Westelike Posduifunie! Die man wat egter op almal se lippe is, is niemand anders as Kiewiet Marais van P.P.K.! Hierdie man het die toneel so oorheers, dat elke ervare duiweboer met wie dié waarnemer gepraat het, onomwonde gesê het dat hulle nog nooit so iets beleef het nie!

Die volgende afdelings se eerste vyf plekke lyk so:

Beste jaaroudduif- 4180/2015 van Kiewiet Marais wat by 10 geleenthede punte aangeteken het. Die tweede en vierde plek behoort ook aan Marais. Rooikraal hokke se Roelf van Aswegen se jongduif 4450 eindig derde en polisieman Chris Stemmet se duif maak die vyfde meeste punte. Die eerste vyf duiwe by die beste opeduif behoort aan Marais. Die beste langpad duif behoort aan S.G Gouws van Klerksdorp. Johan Schlebusch se duif eindig hier tweede, Marais s’n derde en Rooikraal s’n vyfde. Die beste algehele duif is Marais s’n, asook plekke 3,4,5 en 6. Net Rooikraal hokke kan hier saampraat met posisie 2.

In die onderskeie afdelings presteer die manne soos volg:

Middelpad 1. Marais 4539, 2.Salty en Lettie 2959, 3. Rooikraal 2955, 4. Fanie Louise 2807, 5. Sarel Naude 2456. Langpad. 2. Marais, 3. Schlebusch, 4. Arrie Marais, 5. Hennie Aucamp. Jaaroud-afdeling: 1. Marais 4719, 2. Rooikraal 3185, 3. Fanie en Louise 2882, 4. Aucamp 2405, 5. Schlebusch 2384.

Ope-afdeling: Marais 8038, 2. Schlebusch 6582, 3.Arrie Marais 5205, 4. Salty en Lettie 4947 en 5. Willem Moolman 4371. Die Westelike Posduif-unie se kampioen vanjaar is Kiewiet en Christo van P.P.K. met ‘n ongelooflike groottotaal van 12757 punte, wat 3791 punte voor Schlebusch (M.R.K.) se 8966 is wat 2015 se uniekampioen was. Marais het vyf uniewenne gevlieg, teenoor Schlebusch se drie. Derde eindig oud-polisieman Roelf van Aswegen (P.P.K) van Rooikraal hokke met 7361. Salty de Villiers van Salty en Lettie hokke (P.P.K), eindig welverdiend in die vierde plek met 7156, ‘n skrale 7 punte voor oud-onnie Arrie Marais (M.R.K.) se 7149. Die lede van P.P.K. se konstante goeie plekke besorg ook vanjaar aan hulle die wenklubskild met 196 punte. M.R.K eindig tweede met 191. Westelike Posduifklub van Klerksdorp se 122 punte plaas hulle in die derde plek met Wesselsbron vierde(110) en Bothaville vyfde met 105.

* Die duiwemanne bedank ook vir Wouter van die Herald wat die duiwesport aan die publiek bekend gestel het met twee puik berigte! Lekker rus ou grotes!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button