NewsNews

Arend sweef saam met die Luiperds

Met sy geboorte het die dokters nie gedink Arend van Wyk gaan ouer as 10 jaar oud word nie, maar die afgelope naweek het hy sy 20ste verjaarsdagpartytjie gevier.

Met sy geboorte het die dokters nie gedink Arend van Wyk gaan ouer as 10 jaar oud word nie, maar die afgelope naweek het hy sy 20ste verjaarsdagpartytjie gevier.
Hierdie partytjie was nie net spesiaal omdat hy nog ‘n jaar oorleef het nie, maar ook omdat spelers van die Luiperds Rugbyspan, sy gunsteling span, die dag saam met hom spandeer het.
Arend is op 29 weke gebore met ‘n tekort aan suurstof. Sy ma het op die stadium lewer- en nierversaking gehad en moes ‘n noodgeboorte gee. Arend het maar sowat 1,2kg geweeg by geboorte. Weens die suurstoftekort is hy gebore met serebrale gestremdheid.
Volgens Annemarie, Arend se ma, is hy eintlik baie normaal.

Arend saam met eienaars van Seisoene André en Adelle van Rensburg en sy ma Annemarie van Wyk.
Arend saam met eienaars van Seisoene André en Adelle van Rensburg en sy ma Annemarie van Wyk.

Hy is meer fisies gestremd as verstandelik en hy kan dinge goed verstaan en redeneer.
Die slegste deel van sy gestremdheid is dat hy baie pyn het omdat sy rug so skeef is.
“As gevolg daarvan kan ek sien dat hy besig is om agteruit te gaan.” Dit is volgens haar die rede waarom Arend se verjaarsdag elke jaar so kosbaar is, omdat sy nie weet of hy nog een gaan hê nie.
“Ek wens sy pa kon hier wees,” sê Annemarie.
Sy pa is vyf jaar gelede oorlede en dit was baie swaar vir die gesin, veral omdat Annemarie van toe af alleen na Arend en haar twee jonger kinders moes omsien. “Ek wens net hy kon sien hoe Arend 20 jaar oud word.”
Arend se hele lewe is gesentreerd om krieket en rugby. “Ek dink as hy alles kon sê wat hy weet van krieket en rugby, sal hy meer weet as die slimste mense in die land, want hy lewe daarvoor,” sê sy.
Hy vra haar gereeld wanneer die Luiperds speel en wanneer hulle weer kan gaan kyk na ‘n wedstryd. “Sy hele lewe draai net om rugby.”
Arend is heel moontlik die Luiperds se grootste ondersteuner en sy ma vat hom selfs om net te gaan kyk hoe hulle oefen. Met wedstryde raak hy baie ernstig omdat hy dink hy hulle afrigter is. “As hulle verloor dan huil hy vreeslik, en as hulle wen huil hy sommer ook.” Hy hou aan vir sy ma sê dat hy baie werk het om te doen sodat die Luiperds nie hul volgende wedstryd verloor nie. Eienaars van Seisoene, André en Adelle van Rensburg is goeie vriende met Annemarie, en het besluit om die partytjie by hulle te hou. Hulle het ook die verrassing gereël om die Luiperds na die partytjie te nooi. Arend het die dag baie geniet saam met familie en vriende en kon ‘n glasie klink en lekker gesels met sy gunsteling rugbyspan. Hierdie is wel nie die eerste keer dat die Luiperds hul ondersteuning aan Arend wys nie. Hulle het vyf jaar gelede ook ‘n rolstoel aan hom geskenk. “As hulle sy hand skud is dit vir hom wonderlik,” sê Annemarie.
“Ons probeer elke jaar om vir hom ‘n groot verjaarsdag te hou omdat ons nie weet of dit dalk sy laaste een gaan wees nie,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button