NewsNews

Nog geweld op Mafikengkampus

Geweldadige botsings tussen opstandige studente en veiligheidsmagte het deurgaans gister(13 Oktober) op die Mafikengkampus voortgeduur.

Geweldadige botsings tussen opstandige studente en veiligheidsmagte het deurgaans gister(13 Oktober) op die Mafikengkampus voortgeduur. Polisie-teenwoordigheid is as gevolg van hierdie onbestendige situasie op die kampus verhoog. Bestuur se eerste prioriteit was om alle geboue te beveilig om grootskaalse skade te voorkom. Met die hulp van die veiligheidsmagte is in hierdie doel geslaag en is slegs minimale skade in die vorm van gebreekte vensters aangerig. Voertuie wat op die perseel geparkeer was, is ook beskadig toe studente die sekuriteitsmagte met klippe bestook het. Pogings tot brandstigting, veral gedurende laasnag, is ook deur die veiligheidsmagte verhoed.

Die benadering om geen verdere ontwrigting te duld nie, het tot die arrestasie van meer as 60 individue gelei. In hierdie stadium kan nog nie bevestig word of al die gearresteerdes wel studente is nie. Bestuur bly daartoe verbind om alles in hulle vermoë te doen om die kampus weer te stabiliseer en om ‘n veilige omgewing vir personeel en studente te verseker. Met die samewerking van alle belanghebbers kan ons steeds die 2016 akademiese jaar suksesvol op hierdie kampus afhandel.

Alhoewel personeel gister gevra is om vir hulle eie veiligheid die kampus te verlaat, is klasse nog nie opgeskort nie. Die gradeplegtighede wat vir vandag en môre geskeduleer is, sal buite die kampus voortgesit word en omvattende gebeurlikheidsplanne is in plek om die plegtighede te beveilig.

Geen insidente het op die Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus plaasgevind nie en klasse gaan normaal voort.

Die geweldadige aksies deur studente word in die sterkste moontlike terme veroordeel, en met die bystand van die polisie, ander veiligheidsmagte, asook personeel en studente wat verbind is tot die NWU en dit waarvoor die universiteit staan, sal ons vorentoe beweeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button