NewsNews

Ses vas oor R10 000 se gesteelde klere

Ses mense is Saterdag (8 Oktober) omstreeks 13:00 in hegtenis geneem nadat hulle glo ongeveer R10 000 se klere by ’n inkopiesentrum gesteel het.

Ses mense is Saterdag (8 Oktober)  omstreeks 13:00 in hegtenis geneem nadat hulle glo ongeveer R10 000 se klere by ’n inkopiesentrum gesteel het.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het karwagte by die Mooirivier Mall ’n persoon gesien wat groot hoeveelhede klere in ’n kattebak laai. Die klere was nog aan hangers.

klere in karre
Sers. Seleka, wat in die gebied gepatrolleer het, is deur die karwagte voorgekeer en hulle het dit aan hom gerapporteer. Seleka het die verdagte in die parkeerarea gesien en tot by die voertuig gevolg. ’n Hoop klere is in die voertuig gevind en die verdagte kon nie bewys lewer dat hy die klere gekoop het nie. Seleka het die verdagte daarna in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermeende gesteelde goedere.
Inligting is van die verdagte gekry, waarna nog vyf verdagtes, wat na bewering ook by die diefstal betrokke was, in hegtenis geneem is. Volgens Manyoba is drie mans en drie vroue in hegtenis geneem. Die verdagtes is blykbaar van Eldoradopark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button