NewsNews

Matriekrok-inskrywings stroom in

Matriekmeisies wat nog vir die Herald se Matriekrok-kompetisie 2016 wil inskryf, sal moet opskud, want daar is nie meer baie tyd oor nie. Meisies wat vanjaar in die Herald se verspreidingsgebied matriek skryf, kan hul foto’s instuur. Stuur vir ons jou mooiste foto van jouself in jou droomrok na pmatriekrok@gmail.com Foto’s kan ook by die …

Matriekmeisies wat nog vir die Herald se Matriekrok-kompetisie 2016 wil inskryf, sal moet opskud, want daar is nie meer baie tyd oor nie.
Meisies wat vanjaar in die Herald se verspreidingsgebied matriek skryf, kan hul foto’s instuur.
Stuur vir ons jou mooiste foto van jouself in jou droomrok na pmatriekrok@gmail.com
Foto’s kan ook by die Herald se kantoor ingehandig word. Maak seker dat jou naam en van, jou skool se naam en jou kontaknommer agter op die foto aangebring is en ook in jou e-pos vervat is. Foto’s wat nie van ‘n goeie kwaliteit is of nie al die nodige besonderhede bevat nie, sal nie gepubliseer word nie. Die Herald aanvaar egter geen verantwoordelikheid vir foto’s na die publikasie daarvan nie.
Die sluitingsdatum vir die foto-inskrywings is Vrydag, 28 Oktober om 12:00. Lesers kan weer deel in die kompetisie en kan begin om elke week stembriewe te versamel. Elke foto sal genommer wees en behou sy nommer deur die loop van die kompetisie. Foto’s verskyn net een keer in die Herald, maar aan die einde van die kompetisie sal al die inskrywings weer gepubliseer word. Daar verskyn ook elke week ‘n stembrief saam met die foto-inskrywings. So kan lesers elke week vir hul gunsteling rok stem, deur slegs die nommer van die rok op die stembrief in te vul, al het die foto reeds in die eerste week van die kompetisie verskyn. Die sluitingsdatum vir stembriewe is Maandag, 7 November om 17:00.  So kry jou koerant en stem, stem, stem.
Die tien rokke wat die meeste stembriewe ontvang, kwalifiseer as finaliste en sal om die titel as Mooiste Matriekrok 2016 tydens die finale beoordeling wat op 17 November by The Roots gehou word, meeding.

Ons trotse borge:

Roots_logo-kleur

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button