
ñ Vrou is vanmiddag omstreeks 15:00 op die hoek van Ben Pienaar en Klinkenbergstraat met ń mes gesteek.
Die vrou was oppad huis toe, toe haar vorige kêrel haar voorgekeer het en aangeval het. Mense in die omgewing het vir Mooirivier Beskerming ontbied. Die man het dadelik gevlug nadat hy die vrou met die mes gesteek het.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle in samewerking met die polisie die man agterna gesit. Hy is uiteindelik in Govan Mbekirylaan deur die polisie in hegtenis geneem waarna hy die mes in die veld gaan uitwys het.
Die man het na bewering al meer as een keer die vrou gedreig om die vrou aan te val.



