
Die Herald berig in vandeesweek se uitgawe oor ‘n gewapende roof wat Saterdagoggend (22 Oktober) in die Riverwalk inkopiesentrum plaas gevind het.
Gister (26 Oktober) omstreeks 11:00 is Edgars ook in die sentrum deur twee gewapende mans beroof.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die twee mans in die winkel in gestap waarna een van hulle die werkers met ‘n vuurwapen gedreig het.
“Die verdagtes het die werkers van die winkel op die grond laat lê en vasgebind,” het Manyoba gesê.
Volgens haar het die verdagtes omtrent 180 selfone en duisende rande in kontant gesteel voor hulle gevlug het.
Nog niemand is in hegtenis geneem nie en ‘n saak van besigheidsroof word ondersoek.
Manyoba kon nog nie bevestig of die twee voorvalle met mekaar verband hou nie.



