Die Noordwes departement van gesondheid het al meer as R20 miljoen aan mediese wanpraktyk eise in 2016 uitbetaal.
Dr. Tutu Faleni, DA LPW, het gesê dat die bedrag in ʼn tydperk van vyf maande gebeur het. Die aantal wanpraktyk eise het van 27 in 2012 tot 138 in Augustus 2016 opgegaan.
Volgens hom moet innoverende oplossings gevind word om die toenemende koste van eise teen die Departement te beperk. Hy is ook van mening dat ondernemings wat deur die Premier in 2014 gemaak was net leë beloftes was.
Die Ouditeur-generaal het ongelukkigheid uitgespreek oor die bestuur van rekords in die gesondheidsfasiliteite van die Noordwes. Swak rekordbestuurstelsels belemmer uiteindelik die gehalte van mediese sorg aan mense.
“Die Premier het tydens die Staat van die Provinsie in 2016 gesê dat die Departement ‘n loodsprojek in Ventersdorp in samewerking met die taxi-bedryf beplan. Die idee van die projek is om pasiëntvervoer te verbeter, maar die ambisieuse projek het in duie gestort, voordat dit begin het. Bejaardes spandeer byna helfte van hulle pensioen aan vervoer tussen die hospitaal en die huis. In erge gevalle word sommige bejaardes met kruiwaens vervoer” het Faleni gesê.



