Potchefstroomse sakelui hou skattejag
Verskeie besighede het op Saterdag 5 November in Potchefstroom bymekaar gekom om aan die Potch/Tlokwe Sakekamer se skattejag deel te neem.
Verskeie besighede het op Saterdag 5 November in Potchefstroom bymekaar gekom om aan die Potch/Tlokwe Sakekamer se skattejag deel te neem.

Die skattejag is vanjaar vir die eerste keer aangebied en was ‘n groot sukses.
Die doel hiervan was hoofsaaklik om skattejagters deur Potchefstroom te neem om sodoende besighede (skatkiste) te leer ken en ook besienswaardighede van naby te beskou.
Boonop was die doel ook om ‘n netwerkgeleentheid vir sakelui te skep deur ‘n platform daar te stel wat almal kan geniet.

Daar was meer as 25 skatkiste (besighede wat sodanig geregistreer het) en 14 Skattejag-spanne.
Na afloop van die skattejag het almal (skatkiste en skattejagters) heerlik gaan uitspan by Lekwena Wildlife Estate.
Hier kon alle deelnemers lekker kuier en heerlike potjiekos geniet.

Daar is ook wenners aangewys in verskillende kategorieë, maar BKD Ouditeure het skoonskip gemaak.
Hulle is aangewys as die wenners (hulle het die meeste vrae reg gehad) en kort op hulle hakke was Bennie’s Angels van FFG. Makojalo is as die beste skatkis aangewys.

Die borge van die dag was MAG Tours, Chubby Chick, MSM Productions, Toyota, Meyer van der Walt, Marsha Joubert, Tebanie Motors, Makojalo, Kleinplaas Pype, BuyAll, Trompie, Project DIY, Winfield Estate, Unilofts, PRET Arena, Abraham Kriel Kinderhuis, Akavlieg, Re/Max, Mooirivier Beskerming, Die Akker, CB Security, Lekwena, Pick n Pay Vanderhoff Park en de Land Estate.
















