
Twee mense is gisteraand (14 November) ernstig beseer op die N12 tussen Fochville en Potchefstroom nadat hulle uit hulle voertuig gegooi is.
Die bestuurder van die voertuig het glo beheer verloor waarna dit gerol het.
ER24 en ander nooddienste het die voertuig ongeveer 30 meter van die pad af op sy dak gevind.
ʼn Man wat onder die voertuig vasgevang was moes deur die brandweer bevry word. ‘n Vrou is ook ʼn paar meter van die voertuig af gevind. Beide die pasiënte, wat glo in hul 30’s is, het verskeie beserings opgedoen.
Hulle is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die voorval is onbekend. Die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek




