Die Herald het hierdie week baie terugvoer begin kry oor ons Kerswense. Dankie aan diegene wat aangebied het om van die wense te laat waar word en baie dankie vir die skenkings wat reeds na ons kantoor gebring is. Daar gaan beslis ‘n paar nuwe glimlaggies hierdie Kersfees wees.
Dankie aan Christo Schoonbee wat ‘n pragtige fiets geskenk het, oom Oppies Opperman vir die kontant skenking en die barmhartige Samaritane wat al speelgoed, baba klere en ander benodigdhede geskenk het. Dankie ook aan die wonderlike mense wat nog skenkings gaan bring sowel as diegene wat aangebied het om self die gesinne te skakel en hulle te help.
Ons hoop om nog baie skenkings te sien inkom. Enige iemand wat wil help om ‘n Kerswens te laat waar word, kan ‘n e-pos stuur aan marianke.saayman@media24.com. Skenkings kan by die Herald se kantoor afgelewer word op die hoek van Piet Uys en Govan Mbeki-weg van Maandae tot Donderdae tussen 08:30 en 16:30. Vir meer inligting skakel Marianke op 082 303 3248.
Klik op die skakel om die lys van Kerswense te sien: Herald Kerswense



