
ʼn Voertuig is amper gekaap verlede Vrydagaand (25 November) omstreeks 20:00.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die slagoffer in Govan Mbeki gery toe ʼn wit BMW hom van die pad af probeer druk het. Die man het vinniger gery om te probeer wegkom. Die BMW het hom gevolg tot in Albert Luthulistraat waar die verdagtes voor hom gestop het.
“Volgens die slagoffer het die verdagtes ʼn vuurwapen op hom gerig,” vertel Manyoba.
Die man het verby gejaag waarna die verdagtes hom aanhou volg het tot hy by Clarkstraat ingedraai het.
“Die man het in die sypaadjie vas gery waarna die verdagtes gevlug het,” verduidelik Manyoba.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



