NewsNews

Nege jarige een van drie wat vermoor is

ʼn 31 jarige Nigeriër is gisteraand (4 Desember) in Schweizer-Reneke in hegtenis geneem nadat hy drie mense onder andere ʼn nege jarige kind Saterdag (3 Desember) vermoor het.

ʼn 31 jarige Nigeriër is gisteraand (4 Desember) in Schweizer-Reneke in hegtenis geneem nadat hy drie mense onder andere ʼn nege jarige kind Saterdag (3 Desember) vermoor het.

Die verdagte het na bewering eers na ʼn 54 jarige vrou se huis in Roshunville gegaan waar hy haar met ʼn mes gesteek het. Hy het toe ʼn paar minute later, ʼn man wat buite die huis was ook met die mes gesteek. Uiteindelik het die verdagte ʼn nege jarige kind glo met die mes bygekom. Die kind se pa het die verdagte agterna gesit maar kon hom nie vang nie. Die twee volwassenes is op die toneel dood verklaar terwyl die kind in die hospitaal dood verklaar is.

Die verdagte is later op dieselfde dag in ʼn hospitaal in Vryburg in hegtenis geneem waar hy behandeling ontvang het vir wonde wat hy opgedoen het toe hy gevlug het. Die motief vir die moorde is nog onbekend.

Die verdagte sal na verwagting op Dinsdag 6 Desember in die Schweizer-Reneke landdroshof verskyn op drie klagtes van moord.

Die Noordwes Provinsiale Kommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane het die geval ten sterkste veroordeel. Sy het gesê dat die polisie hard sal werk om te verseker dat verdagte die volle mag van die wet voel. Sy het ook haar innige meegevoel aan die families van die oorledenes meegedeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button