
Die NW 405 munisipale verkeer is gerat vir die komende feestyd en veral dronkryers sal geen genade ontvang nie.
Volgens ’n verklaring van mnr. LJ Nkhumane, bestuurder van publieke veiligheid by die munisipaliteit, het hulle oorlog verklaar teen dronkbestuur.
Hulle reg is om diegene aan te kla wat hul skuldig maak aan dronkbestuur. Daar is reeds ’n begroting goedgekeur wat sal toesien dat die departement self verpleegsters op bystand sal hê wat bloed kan trek.
Die verpleegsters sal geskakel word om bloed by die polisiestasie te kom trek. Dit sny die onnodige wagtyd by klinieke of staatshospitale uit.
Daar sal deurlopend padblokkades wees.
Diegene wat skuldig bevind word aan dronkbestuur se lisensies kan tot 10 jaar opgeskort word.
Die wettige limiet van alkohol in ’n mens se bloed terwyl jy bestuur is 0.05 gram per 100 milliliter.



