
ń Man het vanoggend (19 Desember) op die Viljoenskroonpad, ongeveer 10km buite Potchefstroom uit sy voertuig geval, nadat dit deur ń swaarvoertuig getref is.
Die ongeluk het omstreeks 09:30 vanoggend plaas gevind. Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die man aangetref het. Die bakkie het in die rondte begin tol nadat dit dwur die swaarvoertuig getref is.
Die bestuurder van die bakkie, ń ongeveer 60 jarige man, het uit die bakkie uit geval soos dit getol het. Paramedici het die man behandel vir ligte beserings waarna hy hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.



