SportSport

Potchefstroom Swemklub vat algehele titel by Noordwes Kampioenskappe

Potchefstroom Swemklub se swemmers het weer eens bewys dat hulle die beste in die provinsie is toe hulle tydens die Noordwes Langbadkampioenskappe by Potchefstroom Dam algeheel eerste geëindig het. Dié kampioenskappe het vanaf 8-11 Desember plaasgevind en vir vier dae se waterspat-aksie gesorg. 17 klubs het aan die kampioenskappe deelgeneem. Die jong dogters van Potchefstroom …

Potchefstroom Swemklub se swemmers het weer eens bewys dat hulle die beste in die provinsie is toe hulle tydens die Noordwes Langbadkampioenskappe by Potchefstroom Dam algeheel eerste geëindig het.

Dié kampioenskappe het vanaf 8-11 Desember plaasgevind en vir vier dae se waterspat-aksie gesorg. 17 klubs het aan die kampioenskappe deelgeneem. Die jong dogters van Potchefstroom Swemklub het ook uitgeblink en is as die beste vrouespan aangewys. NWU Swemklub het die mans-afdeling gewen. Vyf rekords het ook by die ontspanningsoord se swembad getuimel, met tye wat so vinnig soos botter in die ondraaglike hitte gesmelt het.

Potchefstroom Swemklub se Chazél Orton was een van haar klub se uitstekende swemmers, met die 11-jarige Potchefstromer wat veral kookwater in 100 meter vryslag was en ‘n nuwe rekord van 1:26,88 behaal het en omtrent vyf sekondes van die vorige beste tyd gesny het. Haar 11 eerste plekke getuig ook van hierdie jong swemmer se ongelooflike talent en passie vir swem.

Idelé du Toit van Potch Swemklub het ook haar veelsydigheid bewys met 16 medaljes in verskillende items, wat drie goue medaljes ingesluit het.

Bianca Opperman (Potch Swemklub) het ook drie eerste plekke behaal, met Lucinda Kleynhans wat drie eerste plekke vir NWU Swemklub behaal het. Jana Coetzé van Rustenburg Otters het ook uitgeblink en twee nuwe rekords in die 50 meter rugslag en vlinderslag in die ouderdomsgroep 14-15 behaal. Een van die beste seunsswemmers was Ma’az Khoto van Rustenburg Otters wat ‘n ongelooflike 12 eerste plekke behaal het. Die jong 8-jarige Tiaan Rossouw van NWU Puk Swemklub was ook uitstekend met vier eerste plekke.

Uitslae:

Dames:

1) Potchefstroom Swemklub: 3 191, 50

2) Otters Rustenburg: 2 812, 50

3) Harties Reflections: 2 553, 50

Mans:

1) NWU-Pukke Swemklub – 2 647

2) Rustenburg Otters – 2 478

3) Potchefstroom Swemklub – 2 421

Gekombineerd:

1) Potchefstroom Swemklub – 6 164, 50

2) Rustenburg Otters – 5 958, 50

3) NWU-Pukke Swemklub – 5 602

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button