SportSport

Malan-broers vier honderdtal-vreugde op Nuweland

Saterdag, 17 Desember 2016 sal altyd ‘n spesiale dag vir drie Malan-krieketbroers wees. Dit is waar broederlike liefde behoorlik op Nuweland se prag krieketveld in lopievorm gevloei het toe drie Malan broers elkeen honderdtalle op een dag in ‘n Sunfoil Driedag provinsiale wedstryd tussen Noordwes en Westelike Provinsie geslaan het. Die Seeff Noordwes Drake se …

Saterdag, 17 Desember 2016 sal altyd ‘n spesiale dag vir drie Malan-krieketbroers wees.

Dit is waar broederlike liefde behoorlik op Nuweland se prag krieketveld in lopievorm gevloei het toe drie Malan broers elkeen honderdtalle op een dag in ‘n Sunfoil Driedag provinsiale wedstryd tussen Noordwes en Westelike Provinsie geslaan het.

Die Seeff Noordwes Drake se André (25) en Janneman (20) en die Westelike Provinsie se Pieter Malan (27) het die lopiekrane oopgedraai met drie besonderse beurte. Pieter, die oudste broer het eers 117* (185) gemoker om sy span ‘n kans om oorwinning te gee toe hulle tweede beurt op 215/1 verklaar het. Dit was voordat jongboet Janneman met 135 (158) en Andre met 103* (106) ingeklim het en met Tafelberg as agtergrond ‘n ongelooflike oorwinning vir Noordwes bewerkstellig het.  Sodoende het Noordwes hulle geharde teenstanders in ‘n naelbytstryd met 7 paaltjies gewen toe hulle die wenteiken met ‘n stewige 354/3 behaal het.

“Ons sien al lank uit om ‘n driedagwedstryd teen mekaar te gespeel. Ons ma en pa was altwee daar om dit te sien en dit was baie spesiaal,” vertel André.

Pieter het sy 21ste eersterangse honderdtal net voor middagete geslaan om die bal aan die rol vir sy ander twee broers te sit.

“Al was dit teen ons was ek steeds bly vir hom dat hy die honderdtal kon behaal. Janneman het ons goed op dreef met ‘n briljante beurt gesit. Ek het saam met Janneman gekolf toe hy op 82 was en saam het ons net probeer om die lopietempo op te stoot en by 7 lopies per boulbeurt te bly. Gelukkig het meeste van my grenshoue goed afgekom op die dag en ek kon toe die wenlopies met ‘n vier slaan met een bal wat oorgebly het,” noem André.

Beide Andre en Janneman speel ook vir NWU Pukke se eerste krieketspan en is al bekende name in die Noordwes se provinsiale span wat van krag tot krag onder die afrigting van Monty Jacobs gaan.

Pieter is tans besig om naam in die Kaap te maak en die voormalige SA o.19 speler is op 27 in die pylvlak van sy loopbaan.

“Sonder ons ouers se ondersteuning, geduld en al die jare se krieket kyk, toerusting koop en rondry sou hierdie nie moontlik gewees het nie. Ons is bevooreg en baie dankbaar,” noem André.

Die kanse is goed dat daar nog baie van die Malan-broers in die krieketwereld gehoor sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button