NewsNews

Man in hospitaal dood na ongeluk

ʼn 27 Jarige man is gisteraand in die hospitaal oorlede na hy in ʼn kritieke toestand Potchefstroom hospitaal toe geneem is.

ʼn 27 Jarige man is gisteraand (25 Januarie) in die hospitaal oorlede na hy in ʼn kritieke toestand Potchefstroom hospitaal toe geneem is.

Die man is een van vier mense wat deur verskeie ambulansdienste hospitaal toe geneem is na twee voertuie gisteraand omstreeks 18:00 op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp met mekaar gebots het. Die voertuig waarin hy ʼn insittende was, het in die veld in gerol na die botsing waarna vier mense uit die voertuig geslinger is. Die drie ander pasiënte word steeds in die hospitaal behandel. Die insittendes van die ander voertuig wat betrokke was, het na bewering nie ernstige beserings opgedoen nie.

ER24, IMR ambulansdienste, Netcare 911 en die provinsiale ambulansdienste het die verskeie pasiënte vervoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button