
Twee mense is in ‘n kritieke toestand en nog twee ernstig beseer nadat twee voertuie gisteraand (25 Januarie) omstreeks 18:00 op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp met mekaar gebots het.
Paramedici van ER24 en ander dienste het op die toneel gekom waar hulle een van die voertuie in die veld langs die pad gevind het. Vier mense is uit dié voertuig geslinger.
Een persoon is inderhaas na Potchefstroom Hospitaal geneem terwyl paramedici die ander pasiënte behandel het waarna hulle ook later na dieselfde hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling. Daar is was geen ernstige beserings by die insittendes van die ander voertuig wat in die ongeluk betrokke was nie.
Die presiese omstandighede rondom die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel om verder ondersoek te doen.



