NewsNews

Beslag gelê op miljoene se dwelms – twee mans vas

Die polisie het twee Nigeriese mans in hegtenis geneem nadat meer as R3 miljoen se dwelms in hulle besit gevind is. Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die polisie Sondagaand omstreeks 19:00 ’n voertuig langs die N12 sien staan. “Hulle het die voertuig genader om te kyk of hulle kan help,” vertel Manyoba. Toe die …

Die polisie het twee Nigeriese mans in hegtenis geneem nadat meer as R3 miljoen se dwelms in hulle besit gevind is.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die polisie Sondagaand omstreeks 19:00 ’n voertuig langs die N12 sien staan.
“Hulle het die voertuig genader om te kyk of hulle kan help,” vertel Manyoba.
Toe die polisiebeamptes naby die voertuig kom, het hulle gesien een van die mans plaas ’n plastiese sak binne in ’n ander sak in die kattebak. Met ondervraging het die man gesê dit is sy medikasie. “Die voertuig is deursoek, waarna ongeveer 10kg kokaïne in die kattebak gevind is”, sê Manyoba.
Die mans is op ‘n aanklag van die besit van onwettige dwelms in hegtenis geneem. Volgens Manyoba word die waarde van die dwelms op sowat R3.5 miljoen beraam.
Die verdagtes het teen druktyd nog nie in die hof verskyn nie. Volgens Manyoba word verdere klagtes teen die verdagtes oorweeg.
In ‘n ander onverwante voorval is ’n jong vrou (23) Saterdagmiddag omstreeks 15:00 in Walter Sisulustraat op ‘n klag van die besit van onwettige dwelms in hegtenis geneem. Volgens Manyoba is dagga in die vrou se besit gevind.
“Die beamptes het vermoed die groep is verdag nadat hulle vinniger begin loop het toe hulle die polisie sien,” vertel Manyoba. Twee vroue en een man is voorgekeer en deursoek, waarna hulle die dagga binne ’n bierbottel gevind het.
Die vrou het Maandag in die hof verskyn, waarna sy op eie verantwoordelikheid vrygelaat is. Sy moet weer 23 Februarie in die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button