CommunityNews

Montego hond besoek PAWS

Montego het Vrydag, 3 Februarie 25 sakke Karoo Groot Ras babahondjiekos aan PAWS oorhandig.

Montego het Vrydag, 3 Februarie 25 sakke Karoo Groot Ras babahondjiekos aan PAWS oorhandig. Elke sak is 20kg in gewig en die sakke is deur Berts Bricks namens Caesar geborg. Caesar is ’n eenjarige rifrug en lid van die Van der Merwe-gesin van Potchefstroom.
Hy is die babahondjie wie se foto op die sakke hondekos verskyn. Hy is met dieselfde kos grootgemaak en is nou ‘n baie gelukkige en gesonde hond. PAWS lewer daagliks ’n baie belangrike bydrae in die gemeenskap deur om te sien na die diere van Potchefstroom en die omliggende gebiede.
Hulle is wel afhanklik van skenkings en daarom het Berts Bricks besluit om op hierdie manier te help.
Dit is belangrik vir die gemeenskap om PAWS te ondersteun waar ookal hulle kan, of dit nou kosskenkings, komberse, vrywillige hulp of geldelike donasies is.
Berts Bricks het die Montego hondekos direk van Montego af bestel en Montego lewer dit dan af waar die donasie benodig word.
Andries Venter, bestuurder van PAWS, sê dat hulle baie dankbaar is vir die kos en dat dit baie gaan help om die honde te versorg.

Caesar as babahondjie.
Caesar as babahondjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button