SportSport

Volkies klop Gimmies gemaklik in Varsity Krieket-stryd

Volkies het die slegte herinneringe van hulle nederlaag teen Gimmies in verlede jaar se Varsity Krieket-toernooi gebêre met ‘n 7 paaltjie oorwinning die afgelope Saterdag. Dit was ‘n uitstekende spanpoging van die Volkie-seuns wat met durf en daad die wedstryd aangepak het. Gimmies het net te min lopies geslaan in hulle kolfbeurt en behaal 76/8 …

Volkies het die slegte herinneringe van hulle nederlaag teen Gimmies in verlede jaar se Varsity Krieket-toernooi gebêre met ‘n 7 paaltjie oorwinning die afgelope Saterdag.

Dit was ‘n uitstekende spanpoging van die Volkie-seuns wat met durf en daad die wedstryd aangepak het. Gimmies het net te min lopies geslaan in hulle kolfbeurt en behaal 76/8 na 12 boulbeurte. Gimmies kon net nie die momentum kry met paaltjies wat gedurig geval het nie.

Altwee Jansen broers (Marco en Duan) is vroeg danksy uitstekende veldwerk van Volkies uitgehardloop. Volkies het hulle goeie veldwerk volgehou toe ‘n briljante vangskoot van Louis van Schalkwyk in die duikslag opgeraap is om van Gimmies se kaptein Vernon Charslund ontslae te raak. Dit was een van die beste vangskote van die week op Senwespark.

Divan Mienie het ook nie lank gehou nie en is vir 6 uit gevang op die grens met Van Zyl Smit se eerste bal. Van Zyl Smit se goue arm was behoorlik gevaarlik en hy raak ook van Landré Halgryn ontslae, met Gimmies se telling op 51/5.

Volkies het goed begin, maar hulle sterkolwer, Van Schalkwyk, vroeg verloor.  Vincent Viljoen en Martin Fourie het ook wel met outoriteit gespeel om ‘n sewe paaltjie oorwinning vir Volkies te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button