CommunityPhoto Galleries
Snowflake Mark nou twee dae
Vir meer besonderhede oor die mark, of om uit te vind wat jy moet doen om ‘n stalletjie te bekom, kan ‘n e-pos aan Martie Bothma by martie.bothma1@gmail.com gestuur word.
Die bekende Snowflake mark word nou oor twee dae gehou. Potchefstromers het die afgelope naweek behoorlik van hierdie geleentheid gebruik gemaak om die mark ten volle te geniet. Die mark is op Vrydagaand 3 Februarie en Saterdagoggend 4 Februarie gehou. Mense het die groot verskeidenheid stalletjies met kos, kuns en handgemaakte items baie geniet. Die volgende mark word op 3 en 4 Maart gehou. Die toegang vir die Vrydagaand is slegs R10 en sluit musiekvertonings in.
Vir meer besonderhede oor die mark, of om uit te vind wat jy moet doen om ‘n stalletjie te bekom, kan ‘n e-pos aan Martie Bothma by martie.bothma1@gmail.com gestuur word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!