NewsNews

Rowers trek los verlede naweek

Die polisie het die afgelope naweek ‘n besig tyd beleef met verskeie voorvalle van roof en gewapende roof.

Die polisie het die afgelope naweek ‘n besig tyd beleef met verskeie voorvalle van roof en gewapende roof.
Volgens a.o. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is ’n inwoner van Immergroen-woonstelle in sy huis oorval toe hy Sondagoggend omstreeks 04:30 sy katte na buite geneem het. Toe hy op sy stoep staan het iemand hom van agter gegryp en teen die grond vasgedruk.
Terwyl hy op die grond gelê het kon hy sien hoe ’n tweede man in sy woonstel begin om van sy besittings bymekaar te maak.
Dié man het uiteindelik by die deur uitgekom met sy skootrekenaar, Blu-Ray speler, selfoon en elektriese gereedskap. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Nog ’n inwoner, Petrus Dreyer, is Vrydagoggend omstreeks 02:10 naby Olën Park deur ’n onbekende man oorval.
Dreyer het langs die pad geloop toe ’n man van agter gekom en ’n mes teen hom gedruk het. Hy het vir Dreyer gesê as hy skree, hy hom baie seer gaan maak. Hy het Dreyer se selfoon gegryp en weggehardloop.
Op ’n meer positiewe noot het die polisie die naweek ’n gesteelde voertuig opgespoor. ’n Inwoner het haar motor Saterdag om 19:30 in die parkeerterrein buite Potchefstroom Hospitaal parkeer. Sy was vir 10 minute binne die hospitaal om ’n pasiënt te besoek, maar toe sy uitkom was haar motor skoonveld.
Die voertuig is later op die Carletonvillepad gevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button