NewsNews

Verdagte dood geskiet tydens plaasaanval

'n Verdagte is vanoggend (23 Maart) omstreeks 08:00 tydens 'n plaasaanval naby die Skandinawiëdrifpad dood geskiet.

‘n Verdagte is vanoggend (23 Maart) omstreeks 08:00 tydens ‘n plaasaanval naby die Skandinawiëdrifpad dood geskiet.

Volgens Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het  die bediende en haar seun drie verdagtes op die werf gewaar. Hulle het glo dadelik na die huis toe gehardloop, maar die verdagtes het daarin geslaag om die deur oop te forseer.

Die eienaar van die plaas, ‘n 72 jarige man, het reageer op die bediende se gille waar hy in een van die verdagtes vas geloop het.

” ‘n Struweling tussen die eienaar en die verdagte het ontstaan waarna die verdagte noodlottig beseer is. Die ander verdagtes het gevlug,” het Makau gesê.

Die verdagte se vuurwapen is op beslag gelê. Paramedici van ER24 het die verdagte dood op die toneel verklaar, die eienaar het ligte beserings opgedoen.

Die bediende en haar seun is behandel vir skok.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button