
Drie lede van ‘n bendeĀ is in hegtenis geneem op aanklag van moord en poging tot moord.
Dit spruit uit ‘n voorval wat Maandagaand plaas gevind het. Volgens Lt. Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het lede va ndie Hard Livings en Crazy Dogs mekaar in ‘n kuierplek in Stilfontein getakel.
“Een va ndie verdagtes wat verbind is met die Hard Livings bende het vier van die ander bende met ‘n mes gesteek,” vertel Makau.
Die drie slagoffers is hospitaal toe geneem waarna een van hulle aan sy wonde beswyk het. Die ander slagoffers is in die Tshepong hospitaal opgeneem.
Ansa Mendela (20), Motlatsi Mogoemang (22) and Muziwamadoda Nnqweqwe (20) het Dinsdagoggend in die hof verskyn. Die saak is uitgestel na 24 April, al drie verdagtes bly in aanhouding.
‘n Vierde verdagte word steeds deur die polisie gesoek.



