NewsNews

Kinderpornografie: Eis kom teen polisie

Veertien mense is Vrydag (7 April) omstreeks 11:30 in hegtenis geneem op aanklag van besit van kinderpornografie.

Veertien mense is Vrydag (7 April) omstreeks 11:30 in hegtenis geneem op aanklag van besit van kinderpornografie.
Die groep was in aanhouding tot hulle Maandag in die hof sou verskyn. ’n Volgepakte E-hof het in spanning gewag vir die groep se saak om voor te kom, maar teen omstreeks 11:00 het die groep se prokureur, advokaat Pogisho Monchusi, die groep uit die hof gelei waar hy aan die vriende en familie gesê het dat die staat die saak teen die groep teruggetrek het.
Volgens Monchusi het die staat op grond van die bewyse wat voor hulle was, besluit om nie tans te vervolg nie. Hy het later bekend gemaak dat hy instruksies van sy kliënte ontvang het om ’n siviele eis teen die polisie in te stel vir onregmatige arrestasie en aanhouding. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, kan hy geen kommentaar oor die beplande regsaksie lewer nie. Die groep wat in hegtenis geneem is, werk almal by ’n supermark in die stad en is tydens werksure in hegtenis geneem nadat die eienaar bewus gemaak is daarvan dat van sy werknemers die video onder mekaar versprei. Volgens Chaka het die eienaar hulle ingeroep, waarna hy hulle ingelig het dat dit onwettig is om dié soort materiaal te versprei. Hy het hulle selfone geneem en die polisie geskakel, waarna die groep, meestal vroue, in hegtenis geneem is.
Na wat die Herald verneem, is die video van pornografiese aard waarby ’n man en drie of vier jarige baba dogtertjie betrokke is. Volgens die polisie ondersoek hulle steeds die oorsprong van die video.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button