NewsNews

Volkies loop weer deur

Ongeveer ’n jaar en ’n half nadat ’n gedeelte van die seunskoshuis by Hoër Volkskool Potchefstroom gebrand het, het ’n rukwind Dinsdagaand omstreeks 18:00 die dak van een die klaskamers afgewaai.

Ongeveer ’n jaar en ’n half nadat ’n gedeelte van die seunskoshuis by Hoër Volkskool Potchefstroom gebrand het, het ’n rukwind Dinsdagaand omstreeks 18:00 die dak van een die klaskamers afgewaai.

Die verwoesting wat by Volkies gesaai is toe die skool onder rukwinde deurgeloop het. Foto: Wouter Pienaar

Gelukkig was dit gedurende die skoolvakansie. Die sinkplate wat van die dak na die vierkant, waar daar gewoonlik kinders sit, gewaai het, kon ernstige beserings of iets ergers veroorsaak het.
Nog reën word vir die hele week voorspel. Die inhoud van die klaskamer waar die dak afgewaai het, kan dalk beskadig word indien dit nat word.
Dit is onduidelik wat die omvang van die skade is, omdat die departement van onderwys eers self die skade moet kom evalueer, aangesien die geboue aan die departement behoort.
* Die Herald kon geen kommentaar van die beheerliggaam oor die voorval bekom nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button