NewsNews

Gimmies is beste skool in die land

Gimmies is deur die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, as die nommer een akademiese kwintiel-4 skool in Suid-Afrika aangewys.

Gimmies is deur die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, as die nommer een akademiese kwintiel-4 skool in Suid-Afrika aangewys.
Gimmies se prestasies van die afgelope drie jaar is in berekening gebring en het gesorg dat hulle bo al die ander skole in hul afdeling uitblink.
Die kriteria wat in aanmerking geneem is vir hierdie prestasie, is die skool se prestasie in die drie fokusvakke naamlik wiskunde, fisiese wetenskap en rekeningkunde. Die slaagsyfer, onderskeidings en hoogste persentasie universiteitsvrystelling oor die afgelope drie jaar het ook deel uitgemaak van die finale punt wat die skool in die eerste plek geplaas het.

Hoofseun Roubert Rousseau, skoolhoof mnr. Roelof Oosthuizen en hoofdogter Rizané van Rooyen. Foto: Wouter Pienaar
Hoofseun Roubert Rousseau, skoolhoof mnr. Roelof Oosthuizen en hoofdogter Rizané van Rooyen. Foto: Wouter Pienaar

Die trofee en sertifikaat is by ‘n glansgeleentheid op 7 April in Pretoria deur Minister Motshekga aan die skool oorhandig. Boonop ontvang die skool ook opvoedkundige hulpmiddels ter waarde van R200 000.
Die kategorieë waarin skole ingeskryf word begin by kwintiel-5 skole (skole met die meeste hulpmiddels) tot kwintiel-1 skole (die skole wat feitlik geen hulpmiddels het nie). Gimmies val onder die groep skole wat as kwintiel-4 skole geklassifiseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button