NewsNews

Jong seun in tak vas: Kon erger gewees het

'n Jong seun het vanmiddag (26 April) in Neethlingstraat omstreeks 14:30 in 'n tak vas gery wat by die kant van 'n skip-asblik uitgesteek het.

‘n Jong seun het vanmiddag (26 April) in Neethlingstraat omstreeks 14:30 in ‘n tak vas gery wat by die kant van ‘n skip-asblik uitgesteek het.

Die seun het saam met sy oupa kort na 15:00 by die Herald se kantore opgedaag om die storie te vertel.

Volgens die seun, Colin Botha (14), ‘n leerder van Ferdies, was hy op sy fiets oppad Hokkie oefening toe.

“Ek het vir ‘n oomblik terug gekyk maar toe ek weer voor my kyk was die tak voor my,” vertel Botha.

Die tak het Botha teen die bors getref.  Volgens die seun se oupa, Colin Wagenaar, kon dit baie erger gewees het.

Colin Botha (14) wie in die tak vas gery het.

“As dit ‘n korter kind was, het dit hom in die gesig getref. Daar is geen waarskuwingstekens nie, die ding staan in die pad nie eers op die sypaadjie nie. Dit is glad nie veilig nie,” het Wagenaar gesê.

Volgens hom blyk dit dat daar kontrakteurs besig is by ‘n huis om bome af te saag en ‘n erf skoon te maak. Wagenaar was glo by die mense se huis gewees maar daar was niemand tuis nie.

“Ons was by die verkeersdepartement waar hulle vir ons gesê het dat hulle iemand sal stuur om te kyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button