NewsNews

Ses verdagtes in hegtenis na plaasaanval naby Sannieshof

Ses verdagtes in hegtenis na plaasaanval

Ses verdagtes is Donderdag (18 Mei) in Sannieshof en Ottosdal in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval wat Dinsdag (16 Mei) naby Sannieshof plaasgevind het.

Tydens die aanval is BC Greyling doodgeskiet en sy vrou ernstig beseer. Greyling se ma was ook ten tyde van die aanval op die plaas gewees. Sy is gelukkig nie beseer tydens die aanval nie.

Volgens Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is die verdagtes weg met drie selfone en die egpaar se bakkie.

“Die bakkie is later naby Ottosdal gevind. Toe die verdagtes vas getrek is, is die drie gesteelde selfone in hulle besit gevind,” het Moleko gesê.

Die verdagtes wat tussen die ouderdomme van 27 en 38 is verskyn vandag in die Delareyville-landroshof op aanklag van moord, poging tot moord en huisroof.

Die provinsiale kommissaris, Lt. Gen. Baile Motswenyane, het die polisie in Sannieshof en die Mahikeng Taktiese reaksie eenheid geprys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button