NewsNews

Een beseer tydens twee ongelukke in Albert Luthuli- en Du Plooystraat

Twee ongelukke wat gistermiddag (1 Junie) plaasgevind het, het een persoon beseer gelaat en 'n ander voertuig op sy dak laat beland.

Twee ongelukke wat gistermiddag (1 Junie) plaasgevind het, het een persoon beseer gelaat en ‘n ander voertuig op sy dak laat beland.

Paramedici van ER24 het by beide tonele opgedaag.

Die eerste ongeluk wat omstreeks 15:00 op die hoek van Albert Luthuli- en Walter Sisulustraat plaasgevind het, het twee voertuie met mekaar gebots. Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend. Verkeer in Albert Luthulistraat was erg geaffekteer deur die botsing.

Een persoon is met ligte beserings hospitaal toe geneem.

Die tweede ongeluk het omstreeks 17:00 op die hoek van Du Plooy- en Sol Plaaitjiestraat plaasgevind waar ‘n voertuig op sy dak beland het. Die muur van ‘n huis in Du Plooystraat is beskadig tydens die voorval. Drie voertuie was betrokke in die ongeluk maar gelukkig is  niemand beseer nie.

Die pad was gesluit terwyl owerhede dit skoon gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button