Is jou pa die beste pa in die wêreld?
Is jou pa sterker as Superman, ratser as Spiderman en vinniger as The Flash? Is hy die beste in die hele wye wêreld? Jy kan vir die Herald 'n brief skryf oor hoekom jou pa jou superheld is, en hoekom hy die beste pa in die wêreld is. Jy en jou pa kan dan 'n lekker prys wen, en julle foto gaan in die koerant kom!

Is jou pa sterker as Superman, ratser as Spiderman en vinniger as The Flash? Is hy die beste in die hele wye wêreld? Jy kan vir die Herald ‘n brief skryf oor hoekom jou pa jou superheld is, en hoekom hy die beste pa in die wêreld is. Jy en jou pa kan dan ‘n lekker prys wen, en julle foto gaan in die koerant kom!
Wat jy moet doen:
1. Skryf vir ons ‘n brief, nie langer as 300 woorde nie, oor hoekom jou pa die beste pa in die wêreld is.
2. Neem dan ‘n foto van jou en jou pa.
3. Jy kan dan vir mamma vra om die brief en die foto vir die Herald te e-pos na marianke.saayman@media24.com
4. Of jy kan die brief en die foto na die Herald se kantoor bring op die hoek van Piet Uys en Govan Mbeki-rylaan.
5. Onthou om op die brief jou naam en van, jou graad, en jou skool se naam te skryf. Skryf ook pappa en mamma se naam, van en kontaknommers.
Kompetisie reëls:
1. Slegs leerders in skole van Potchefstroom, Ikageng, Promosa, Mohadin en Ventersdorp kan deelneem in hierdie kompetisie.
2. Slegs leerders van graad 1 tot graad 12 kan deelneem in die kompetisie.
3. Leerders van graad 1-7 en leerders van graad 8-12 sal in verskeie kategorieë deelneem.
4. Daar sal slegs twee wenners wees, een in die junior kategorie (graad 1-7) en een in die senior kategorie (graad 8-12)
5. Briewe sonder die volgende sal nie in aanmerking kom vir die kompetisie nie:
– Jou naam en van
– Jou skool
– Jou graad
– Jou pa se naam en van en nommer
– Jou ma se naam en van en nommer
– ‘n Foto van jou en jou pa
6. Alle briewe en foto’s moet voor Dinsdag 20 Junie om 10:00 by die Herald se kantoor wees / ge e-pos wees.
*Vir meer inligting stuur ‘n e-pos na marianke.saayman@media24.com




