Ses van die stad se rolbalspelers die naweek te sien in aksie
Die finale uitspeelwedstryde in die Noordwes Rolbal enkelspalkampioenskap vind Saterdag op die bane van die Klerksdorp Rolbalklub plaas. Die mans en vroue finaal sal Sondag by dieselfde klub gespeel word. Ses spelers van die stad sal betrokke wees. Sega Mokoto van Weermag en Jackie Scheepers van die Buiteklub (PCC) is deur na die laaste agt …
Die finale uitspeelwedstryde in die Noordwes Rolbal enkelspalkampioenskap vind Saterdag op die bane van die Klerksdorp Rolbalklub plaas. Die mans en vroue finaal sal Sondag by dieselfde klub gespeel word. Ses spelers van die stad sal betrokke wees. Sega Mokoto van Weermag en Jackie Scheepers van die Buiteklub (PCC) is deur na die laaste agt van die 43 vroue wat aanvanklik ingeskryf het.
Die mans is uitgedun tot die laaste sestien van die oorspronklike 68. Die verdedigende kampioen, Pierre Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub en sy klubmaats, Gerrit van Rensburg, Jean du Plessis en Pieter Cloete van die Buiteklub (PCC) verteenwoordig die stad.
Dat ouderdom nie ‘n faktor is in hierdie sport nie, word Saterdag weer onderstreep wanneer die 80-jarige Jan Pretorius van Klerksdorp teen die 20-jarige Stefan Jansen van Strathvaal uitspeel.



