Potchefstromers het hulle harte en beursies oopgemaak om die inwoners van Knysna te ondersteun.
Talle mense in dié area is haweloos gelaat deur vure wat in die area woed. Volgens News24 is daar bevestig dat ‘n 3-jarige kind ook in die brande oorlede is. Nooddienste is steeds besig om die area te ontruim, terwyl die brandweer en verskeie Working on Fire spanne die brand onder beheer probeer kry.

Potchefstromers het dadelik ingespring om die mense te help, Yolandi Winterbach, bestuurder van Cell C in die Mooirivier Mall, het ingestem dat die spasie voor haar winkel gebruik kan word as ń aflaai punt vir enige donasies. Terwyl Liezl-Marié Nieuwoudt, sal reël vir die vervoer van die skenkings na Knysna.Cerozane Welgemoed, het vanoggend vir Potchefstromers gevra vir hulp, teen 15:00 was daar al twee trollies vol skenkings.



