SportSport

Vermooten vat eerste plek

Die Potchefstroom Buiteklub se gholfbaan het weer ‘n bedrywige week agter die rug. *Op Woensdag, 31 Mei het die klub ‘n IPS kompetisie aangebied. Die wenners was: 1e – Awie Otto met 42 punte 2e – R. Opperman met 39 punte 3e – Riaan Swart met 38 punte *Op Vrydag, 2 Junie het die NG …

Die Potchefstroom Buiteklub se gholfbaan het weer ‘n bedrywige week agter die rug.

*Op Woensdag, 31 Mei het die klub ‘n IPS kompetisie aangebied. Die wenners was:

1e – Awie Otto met 42 punte

2e – R. Opperman met 39 punte

3e – Riaan Swart met 38 punte

*Op Vrydag, 2 Junie het die NG Potch Wes-gemeente hulle fondsinsamelingsdag by die klub aangebied. Die formaat was ‘n Beterbal en die wenners was:

1e – John Daly en Ryan Bezuidenhout met 51 punte

2e – A. Mynhart en J. Blignaut met 49 punte

3e – Hennie du Plooy en Chris Cloete met 48 punte

* Op Saterdag, 3 Junie is die maandelikse houespel (medal) kompetisie, geborg deur Wimpy Potchefstroom, by die klub aangebied. Die wenners was:

A-afdeling – Rikus Vermooten met ‘n netto telling van 66

B-afdeling – Magiel de Kock met ‘n netto telling van 67

C-afdeling – Lourie van der Merwe met ‘n netto telling van 67

*Die finale wedstryde van die Noordwes Gross-liga vind Sondag by Sun City plaas. Potchefstroom se twee spanne lê derde en vierde en het teoreties nog ‘n kans om te wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button