CommunityCommunityNewsSport

Asjassies baljaar by jaarlikse Sportdag

Asjassies Pre-Primêre Skool het einde Mei weer hulle jaarlikse Sportdag gehou en met al die lekker aktiwiteite en pryse wat op die spel was, was dit ‘n reuse sukses. Dit word gekenmerk as die hoogtepunt by Asjassies en al die  kleuters het hulself baie geniet. Blue Ribbon Bakkery het gesorg vir ‘n feestelike atmosfeer met …

Asjassies Pre-Primêre Skool het einde Mei weer hulle jaarlikse Sportdag gehou en met al die lekker aktiwiteite en pryse wat op die spel was, was dit ‘n reuse sukses. Dit word gekenmerk as die hoogtepunt by Asjassies en al die  kleuters het hulself baie geniet.

Blue Ribbon Bakkery het gesorg vir ‘n feestelike atmosfeer met hulle groot sigbare blou trok wat klank en musiek vir die dag verskaf het. Daar was ook verskeie kosstalletjies vir die honger magies en allerlei kleuteraktiwiteite.

Die dag het met ‘n optog verby die pawiljoene afgeskop, waarna lekker atletiekresies gehardloop is en elke maatjie ‘n pragtige medalje ontvang het. Tientalle ouers het ook deelgeneem aan die ouerwedlope – selfs die oumas het hul eie resies gehad.

Boonop was daar ook ‘n gelukkige trekking waar vier kleuters van Asjassies PP en vier kleuters van Asjassies Witrand fietsies gewen het. Asjassies bedank Blue Ribbon Bakkery, Uncle Arthur’s Engen Garage, asook die Kinderkinetika student van die Noordwes-Universiteit onder leiding van dr. Barry van Rensburg vir vier hindernisbane wat sommer groot pret verskaf het.

“Dankie aan elkeen wat die dag teenwoordig was en bygedra het tot nog ‘n onvergeetlike Sportdag,” het Adri Eckard, skoofhoof van Asjassies gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button