NewsNews

Taxibestuurders ontwrig verkeer op N1 en N12

Die N1 se Allendale-afrit en New Road-afritte is gesluit asook Brakfontein en Buccleuch weens taxi’s wat die pad blokkeer. Verder is Daspoort-tonnel, DF Malan, Soutpansbergweg, Visagiestraat en Kerkstraat ook gesluit. Volgens Twitter-verbruikers is die R21, R55 en Ou Johannesburgweg ook nie toeganklik nie.

Die Herald se suster koerant Vaalweekblad berig dat die N1 se Allendale-afrit en New Road-afritte is gesluit asook Brakfontein en Buccleuch weens taxi’s wat die pad blokkeer. Verder is Daspoort-tonnel, DF Malan, Soutpansbergweg, Visagiestraat en Kerkstraat ook gesluit. Volgens Twitter-verbruikers is die R21, R55 en Ou Johannesburgweg ook nie toeganklik nie.

Daar is gister ‘n waarskuwing uitgereik deur die Tshwane- en Johannesburg-metropolisie dat die staking vandag plaasvind.

Die staking gaan oor die hoë koste van minibustaxi-aankope. Taxi’s gaan van vroegoggend uit verskeie rigtings in Gauteng na die kantoor van die South African Taxi Finance in Kerkstraat, Midrand, beweeg en om 10:00 hul beswaar aan die direkteurs van die maatskappy oorhandig.

‘n Soortgelyke protesaksie is onlangs in Durban geloods.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button