
‘n Jong vrou is op 16 Junie omstreeks 10:45 in haar kamer in Dwarstraat beroof.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die vrou besig in haar kamer toe sy ‘n geluid hoor. Sy het haar kamer deur oopgemaak waarna sy ‘n man in die huis gevind het.
“Die verdagte het haar skootrekenaar en selfoon geëis, wat sy aan hom gegee het,” vertel Manyoba.
Die verdagte het haar in die kamer toe gesluit waarna hy met die kamer se sleutels gevlug het. Die vrou kon later daarin slaag om die deur oop te forseer. Sy het ‘n saak van huisroof by die polisie gaan aanmeld.
“Die saak word ondersoek maar nog niemand is in hegtenis geneem nie,” het Manyoba gesê.



