NewsNews

Gru-vonds uit Vaal by Parys

Talle omstanders was Maandagmiddag op die rivieroewer naby die hangbrug die stille getuies van die toneel waar ’n liggaam deur polisieduikers van Welkom uit die Vaalrivier gehaal is.

Talle omstanders  was Maandagmiddag op die rivieroewer naby die hangbrug die stille getuies van die toneel waar ’n  liggaam deur polisieduikers van Welkom uit die Vaalrivier gehaal is.

Die Herald se susterskoerant, Parys Gazette het berig dat die liggaam na bewering reeds ’n geruime tyd in die water was. Parys Medix en die polisie is net na 09:00 na die toneel ontbied nadat ’n verbyganger die liggaam opgemerk het.

Die liggaam is net na 13:00 uit die rivier gehaal, maar die identiteit van die oorledene was teen druktyd nog nie bekend nie. Dié foto is geneem net nadat die liggaam uit die water gehaal is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button