
‘n Man is gelukkig dat hy geen ernstige beserings opgedoen het nie, nadat sy voertuig gisteraand (2 Julie) in Ben Pienaarstraat gerol het. Hy was glo sedert die ongeluk in die voertuig vasgevang.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici die oproep omstreeks 09:10 vanoggend (3 Julie) ontvang waarna hulle dadelik gereageer het.
Met aankoms het paramedici die voertuig op sy dak gevind waar die man nog vasgekeer was.
Die man is versigtig uit die voertuig gehaal waarna paramedici gevind het dat hy geen ernstige beserings opgedoen het nie.

Plaaslike owerhede was op die toneel om die saak verder te ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



