Vroeg vanoggend (6 Julie) is ‘n 20-jarige manstudent dood en ‘n 21-jarige meisie erg beseer toe die voertuig waarin hulle gery het, menige keer in Piet Bosmanstraat naby die treinstasie in Potchefstroom gerol het.
Volgens ER24 woordvoerder Russel Meiring, is paramedici omstreeks 03:00 na die toneel ontbied. Met hul aankoms het die erg-beskadigde voertuig langs die pad gelê, die student se liggaam was langs die voertuig, en die meisie het ‘n klein afstand van die voertuig gelê.
Ongelukkig het die student teen daardie tyd reeds aan sy menige beserings beswyk. Paramedici het die meisie, wat erge beserings opgedoen het, veral in haar been, behandel en na Mediclini geneem waar sy verdere behandeling ontvang het.
Volgens Meiring is die oorsaak van die ongeluk nog onbekend, maar die polisie was op die toneel en gaan verdere ondersoek instel.
*Hou die Herald se webtuiste dop vir meer inligting.



